LOG IN
Email Address1:
Password:
Forgot Password
Register Now

CONTACT US
 
 Albert Maritz
 
 
 
 
 
 
 
 
Binnekort te sien
op kykNET
en te koop as DVD
 
ELDERS AAN DIENS
(Jeanne Goosen)
 
Kyk na 'n uittreksel:
DIRKIE
(Jeanne Goosen)
met
Luna Paige, Nicole Holm en
Frieda van den Heever.
 
SOMS WANNEER EK WEI
(Jeanne Goosen)
met
Frieda
van den Heever, Nicole Holm
en Luna Paige.
 
 
 
WYK EN DIE MEISIES
(NP van Wyk Louw)
 
Kyk na 'n uittreksel:
GERMANICUS
(NP van Wyk Louw)
met
Frieda van den Heever,
Tinarie van Wyk Loods en
Erica Wessels
 
MY NAAKTE SIEL WIL
SONDER SKROME
(NP van Wyk Louw)
met
Frieda van den Heever
 

TELEVISIE
 
 
2010                                                                              
                                                 
 
ELDERS AAN DIENS (Jeanne Goosen)
 
Binnekort op kykNET te sien!
 
Hier is 'n voorsmakie: DIRKIE (Jeanne Goosen) Met Luna Paige, Nicole Holm en Frieda van den Heever
 
 
 
'n Gepoetste juweel debuteer by fees
Kobus Burger
BEELD
24 Maart 2008
 
Die digter, skrywer, dramaturg en rubriekskrywer Jeanne Goosen is die tema van ’n nuwe kabaret, wat pas tydens die KKNK gedebuteer het.
Oudtshoorn. – Die digter, skrywer, dramaturg en rubriekskrywer Jeanne Goosen is die tema van ’n nuwe kabaret, wat pas tydens die KKNK gedebuteer het.
Jeanne Goosen – elders aan diens is geskoei op ’n bundel gedigte met dieselfde titel waarin Goosen skryf oor haar ouers, kreatiwiteit en honde.
Goosen het al voorheen kabarette geskryf, soos Hartedief wat tydens die KKNK gedebuteer het. Maar haar jongste is ’n aangrypende mengsel van poësie, musiek en sosiale kommentaar.
Die bekroonde aktrise Nicole Holm vertolk die rol van Goosen met die sangeres Luna en die aktrise Frieda van der Heever agter die klawers en mikrofone. Met die kranige spelleiding van Albert Maritz is dit egter ’n driepas waarin al drie sing, toneel speel en soms voordra.
Dit is egter uit die staanspoor duidelik dat Elders aan diens die tradisionele grense van woordkuns oorspoel het. Die musiekverwerkings is van die hoogste gehalte met sang en aanbieding wat soms aan Laurie Anderson en Diamanda Galas herinner.
Verder ontdek die gehoor hoe Goosen haar Muse en krag as kunstenaar ontdek het. In “Curriculum Vitae” sê sy: “Toor en skryf / is soos om te droom sonder om te slaap / Dit het begin toe ek een aand in Stellenbosch / ’n roos in ’n kat verander het . . .”
Holm is hier op haar beste. Sy is immers die aktrise wat al in Jan en Jorie en Altyd Jonker briljant lewe gegee het aan die skilderes Marjorie Wallace. Hier vind sy die hartklop van Goosen.
Luna is so ’n onderskatte sangeres dat ’n mens net wil uitstorm en haar CD aanskaf. ’n Mens hoop dié produksie plaas haar weer in die kalklig as een van Suid-Afrika se mees gedugte vroue-sangstemme.
Van der Heever knoop haar lyf, dans en hang letterlik kop onderstebo terwyl sy ’n gedig voordra. Verbluffend!
In sowat 75 minute word ’n mens meegevoer, bevind jou op die punt van jou stoel, maar voel nes Goosen dat jy in die mees liefdevolle en soet oomblik ’n oorveeg kry. (Daar is een vertelling waar sy die liefde in haar pa se oë sien en dan in die gang geklap word!)
Dit is wat kabaret doen – bekruip jou en teister jou wanneer jy dit die minste verwag.
Elders aan diens is ’n blink juweel. ’n Mens hoop dit reis na die res van die feeste in die land.
Die bundel word deur Genugtig!-uitgewers versprei.
 
Hier is 'n voorsmakie: SOMS WANNEER EK WEI (Jeanne Goosen) Met Frieda van den Heever, Nicole Holm en Luna Paige
 
 
 
 
Ook binnekort op KYKNET te sien!
 
WYK EN DIE MEISIES (NP van Wyk Louw)
 
Erica Wessels, Frieda van den Heever en Tinarie van Wyk Loots
 
Regie en vervaardig deur Albert Maritz
 
Hier is 'n voorsmakie: GERMANICUS (NP van Wyk Louw) uit WYK EN DIE MEISIES
 
 
 
WYK EN DIE MEISIES Haydee Morgan-Hollander het gesels met die produksiespan
 
Haydee Morgan-Hollander, Albert Maritz

WYK EN DIE MEISIES
Met Erica Wessels en Tinarie van Wyk Loots as die meisies, en die musiek van Frieda van den Heever
Regie: Albert Maritz
10 Maart 2007 Woordfees, Stellenbosch
 
2006 was NP van Wyk Louw se herdenkingsjaar: die befaamde digter is
'n 100 jaar gelede op 11 Junie gebore.
Albert Maritz, Erica Wessels, Tinarie van Wyk Loots en Frieda van den Heever gesels oor die skep van ’n teks uit Van Wyk Louw se omvattende oeuvre, die daaropvolgende werkproses en die (gedeelde) sentimente met een van Afrikaans se gevierde en beminde skrywers. In die proses het die riglyne vir die voer van ’n onderhoud en die skryf van ’n werkbare teks sodanig vervaag dat konfrontasie en oorvleueling onvermydelik geword het, want in die woorde van die skrywer: die volk skep nie; maar hy voel aan, hy sif, hy onthou, hy kan nog herrangskik.
 
Lees meer op LITNET: Kliek hier
 
 
Hier is 'n voorsmakie: MY NAAKTE SIEL WIL SONDER SKROME (NP van Wyk Louw) uit WYK EN DIE MEISIES met Frieda van den Heever
 
 
 
 
2009  
Die Launch van IMPRESARIO
vir kykNET op 11 Maart 2009                                                          
 
GOUE NAELSTRING
 
Ure en ure se materiaal met Suid Afrika se gesogte persoonlikhede, soos Anna Cloete, Pip Freedman en nog vele meer.
Hierdie is ontwikkel as IMPRESARIO, in samewerking met Neil Sandilands se OTIS FINK produksies. Die produksie is vir kykNET en spog met grotes in al die media; kunstenaars wat hulle man kan staan tussen die grootstes in die wereld.
War Hero Artist – Andrew Olivier
 
n Kort program oor ‘n boerseun: die oorlog, sy kuns en sy dood. Dis 'n program wat ontwikkeling verdien teen 'n groter agtergrond. Andrew was 'n produk van die unieke grensoorlog, studeer in Duitsland met die Maggie Laubscher beurs en bestuur die Daljosaphat Kunsstigting met sy afsterwe.
 
Groot, Groter N.P. van Wyk Louw
 
Albert vervaardig en regisseer die spog-verhoogproduksie van Johan Engelbrecht. Johan spandeer 7 jaar in Nederland, waar hy homself bekwaam as 'n gesogte regiseur en redigeerder. Johan het in 2007 die Jan Rabie/Rapport prys  vir Afrikaanse Letterkunde ontvang vir sy roman 'kaffertjie'.

kykNET beskik oor die regte van Groot, Groter, N.P. van Wyk Louw.
 
Hier is 'n voorsmakie: GROOT, GROTER, NP VAN WYK LOUW (1995).
 
VROEGHERFS (NP van Wyk Louw) met Johan Engelbrecht. Musiek: Wilhelm Joubert
 
 
 
BALLADE VAN DIE BOSE (NP van Wyk Louw) met Johan Engelbrecht. Musiek: Wilhelm Joubert
 
 
 
 
Email this pageBookmark this pagePrint this Page Login